South Africa West Coast

Pieter Pieterse: Swerwerskos - Kreef/Crayfish


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
SeepotPieter se kreef definisie: "Ook bekend as Jasus Ialandii. Of 'lekker lavreeslikiaaii'. Of sommer net 'crayfish' of 'rock lobster' of die 'rooispinnekoppe' van die Weskus of 'die manne met die bolwange'."

Oor daai skelm kreef wat almal soek: "Lewenslank en drie weke, my ou maat, dis wat jy kry. Dan vat hulle jou kar ook nog, jou broek, jou onderbroek, jou skoene, jou vrou en kinders, en daardie kreefspietkop wat jou gaan opsluit, gooi die sleutel so ver weg dat g'n mens hom ooit weer sal kry nie.

Sny jou hare en jou toonnaels en allerhande ander goed wat hulle kan bykom ook sommer stomp af en dop jou ooglede om."

Footloose se knoffelbotterkreef op die kole

Elke keer as ek die knoffel botterkrefie so op die kole sit, dink ek aan Footloose Venter. Dis die lang, maer derm van 'n man wat so vreeslik baie mooi stories het om te sny - die een waarvan ek in die Tietiesbaai boeke vertel het.
gaar kreefstert in die dop
knoffelbotter
sout en peper
Sny of knip die kreefstert van die rugkant af in die lengte deur. Haal dermpie uit, skroei die vleiskant vinnig op die kole, draai om, smeer knoffelbotter en laat stadig warm word tot knoffelbotter alles ingetrek het. En dan, terwyl jy eet, dan onthou jy weer hoe Footloose my arme pienk skaap opgefoeter het daardie verskriklike nag in die kroeg op Paternoster.

Home   Back to Recipe Index   Swerwerskos Index

 

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com