South Africa West Coast

Pieter Pieterse se Swerwerskos: Rande vir Redding


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
Swerwerskos - Pieter Pieterse Spesiale uitgawe vir die Sending in die Caprivi

'Rande vir redding' is 'n projek van die Agterbaai-gemeente van die NG-Kerk op St Helenabaai aan die Weskus. Die fondse by die heruitgee van hierdie boek gaan uitsluitlik aan die sendingaksie 'Shangali Kwando Camp Mission' in die Caprivi.

Die gemeente, onder leiding van dr Fanie Herholdt, het teen die begin van 1999 besluit om aktief by die sending betrokke te raak. Omdat die Here reeds 'n ideale plek voorsien het, was Kwandokamp, waar Pieter en Jenny sedert 1994 gewoon het - die aangewese keuse. Sendeling Helmut Berg en sy vrou Ingrid is in beheer en het reeds 'n paar Bybelskoolstudente en verskeie programme vir evangelisasie onder die mense van die Mafwestam aan die gang.

Swerwerskos is 'n sonder-nonsies-resepteboek wat die stad en die strate agterlaat, en die winkels en die maatlepels veral. Soos die gees jou lei - dit is hoe Pieter Pieterse en sy Ingilsman kosmaak. Van die voorgereg af tot lank na die rooi kers doodgeblaas is...pure avontuur.

Veral as jy ook iemand is wat soggens bibberend van lussigheid met jou dipstokkie, jou ringnet of jou spinner op en af langs die Weskus paradeeeer met 'n klont kaas, ' pakkie bykin en al die tersaaklike meghêftertjies - al is dit net in die verbeelding - in die salige verwagting om 'n ou seekossie to hoër diens op te roep. Hopende dat die resultaat ook kwyllekker sal wees soos Pieter Pieterse s'n op sy TV-program "Swerwerskos".

Kreef en perlemoen, mossels en galjoen, hors de worsie, 'n snêksie en 'n snoek - vir elk het die storieverteller 'n reseppie deurspek met bykin en manganaise en stoutpraatjies. 'n Moet vir elke rugsak, kombuis-, tent- en karavaanrak. Om van die bedkassie nie eers te praat nie.

 

Home   Cuisine   Rande vir Redding   Pieter Pieterse   Skater   Swerwerskos

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com