South Africa West Coast

Pieter Pieterse: Swerwerskos - Perlemoen


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
Abalone/PerlemoenSê oompie Willie Nowers daar van Buffeljachts se wêreld, hy wat sy huis so op die puntste punt van die klip so half in die see in staangemaak het: "Geil, my bgoegtjie, Geil. Hu peglemoen? Die geilste kossie van die Kaap. Dan pgaat ek nie eegs van hiegie wêgeld se peglemoen nie. Giftig, sê ek vig jou". Hy vertel dat die oumense die badwater uitgegooi het as die seunskinders klaar gebad het. Die meisiekinders mag nie dieselfde water bad nie. Daar kan dalk net moeilikheid kom.

Perlemoen in foelie

heel perlemoen
foelie
gerasperde cheddarkaas
bykin, sampioene en botter
suurlemoen
chilli-Fondor
Bou 'n toring, wat binne hol is, van 'n stuk foelie. Sit die heel perlemoen, steelkant onder, op 'n klont botter onder in die kelderverdieping. Nou suurlemoen en chilli-Fondor. Dan kaas, sampioene en nog botter. Heel bo - die bykin. Maak die toring bo toe, soos hulle die graansilo's toemaak as hulle vol is daar op Malmesbury waar Trix Pienaar Swartland se houlwhiet stukkend byt. Sit hom met respek in 'n oond of in 'n platboompot met 'n deksel of oor 'n baie stadige vuur. Los doodstil tot jy dink die bykinvelletjies bo-op is nou gaar. Dan is daardie perlemoentjie ook maar gaar.

En as jy klaar geëet het, dan loop jy telefoon toe. Gaan bel daardie een en sê vir haar hoe jy voel en sy moet nou huis toe kom. Jy kan tog nie net oor jy gisteraand jou ring en jou kiekie wou terugvat, nou nog kwaad wees nie. 'n Man mag van opinie verander.

Home   Back to Recipe Index   Swerwerskos Index

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com