South Africa West Coast

Skater - Die laggendste 80 stories van Pieter Pieterse


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
Home   Pieter Pieterse   Back to Recipe Index   Swerwerskos Index

Skater

My Pa, die storiemaker

"Ja, ek het snags, met die proeflees van my pa se manuskrip, vir Pieta wakker geskater," se Madi, Pieter Pieterse se dogter. "Dan snik ek my kind maar net weer aan die slaap.

"Want ek besef algaande: Bladsy na bladsy is SKATER nie alleen die heel snaaksste humorstories wat ek ooit gelees het nie - dis ook hierdie bobaas storiemaker-pa van my se unieke lewensverhaal wat hier ontvou.

"Na vyf en veertig vrugbare jare van skryf en stories vertel, is dit gepas dat die stewige bundel juis verskyn in die jaar waarin hy vyf en sestig word. Maak toe die kinders (en kleinkinders) se kamerdeure en wees voorbereid op langdurige, skaterende genot."

Lees 'n kort uittreksel: Die Langana van Saldanha

'Jasus Ialandii', Of - as jy miskien nie so 'n groot woord kan onthou nie - 'lekker lavreeslikiaaii'. Die een waarvoor hulle al so baie wette gemaak het dat dit nou al skoon onwettig is om net te vra wat kos hy. Dis sommer maklik stadig geskiet word teen dagbreek plus lewenslank en drie weke as regter Doodstraf du Plessis begin vonnis oplê vir kreefsmokkel.

Maar 'n kreefspietkop is nie kwaadaardig nie, soos oom Piet Toss van Velddrif sou sê. Moet tog net nie kom met allerhande storietjies oor die goed wat jou wou aanval daar waar jy ewe onskuldig op 'n Sondagmiddag jou Rapport op die klippe gesit en lees het nie.

Of vertel van jou siek tante wat buite seisoen dringend die ses en twintig ondermaat wyfiekrewe vol eiers nodig gehad het om op daggablare te trek vir haar liddoring nie.

Dan besluit so 'n kreefspietkop perdalks net daar en dan om kwaadaardig te raak.

Soos hulle geraak het met die langana, die viskoper, wat sy bakkie in 'n woeste jaagtog daar bo teen Saldanha se hoë kop omgegooi het.

"Nie," sê hy toe die uniforms hom daar onder die treinspoor, waar hy ooplê soos hy hardloop, aan die baadjiepante beetkry - na hy sy gevalle voertuig versaak het.

"Hoe sil ek nou wiet waa' kom al daai kriefietjies vedaan wat soe oer die pad loep daa' boe tussen die klippe? Yt my lorrietjie yt het hille nie geval nie. Al wat ek op hom gehet het, was hu paar' waatlemoentjies en hu snoekie. Maa' krief? Op my lorrietjie? Nie van hu dag oud nie. Dit swee' ek.

"Dis net lit ek soe ommie draai kom, toe sien ek hierie dysende kriewe wat soe oer die pad loep, dis net voeter waa' djy kyk. Ek wou hog hu U-turn maak, toe skied daai lorrietjie van my soes hy gly innie krief, dis net kriefsop everywhere. Wiet menee' miskien hoelat hu lorrietjie op soe hu gladde spul kriefsop annie gly kan gaan?

"En dis hoelat ek toe soe slaaitly van hu êksidint gelat happen het, menee' sien, mit al die geglyery tissen daarie dysnde kriewe deur wat soe die hiele teerstraat vol rondloep, ewe never djoe maaind, mens sou sê hulle is maa' net op hille se gawoene Saturday afternoon se bit of a stroll yt om hulle se windowshopping te gan doen."

Top   Home   Pieter Pieterse   Back to Recipe Index   Swerwerskos Index

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com