South Africa West Coast

Abraham Brink - Rondom Soverby


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
Abraham Brink II Voorwoord II Snoektyd II Byname en Poetse Bak

Voorwoord

Die gedeelte van die strand tussen die mond van die Bergrivier by Laaiplek en Dwarskersbos staan bekend as Soverby. Vissers het gedurende die twintigerjare hier rotsriwwe aangetref waar die vis – veral harders volop was. Met roeibakkies en nette het hulle die vis getrek en gedroog en so het die bekende “Bokkoms” -eie aan die Weskus - hulle ontstaan te danke. So het hulle ook name aan die verskillende trekplekke gegee, soos – Die Punte, Ougat en Kleingat om tussen die verskillende trekplekke te kon onderskei.

soverby vissersDit was darem nie net harde werk nie – hulle het ook “sports” gemaak en mekaar byname gegee en poetse gebak, want sien TV en sulke dinge was daar toe nie. Die draadloos was ook maar in sy “kinderskoene” en nie vir almal beskore nie. Die konsertina en kitaar moes maar sy werk doen sodat daar op die misvloer gedans kon word.
Links: Die Soverby manne hard besig om harders op te ryg in bossies van 25 en 50 - Die bossies van 50 is sjieling bokkoms genoem

Dwarskersbos was in daardie jare bevoorreg om ‘n winkelier soos Ou Kiepie te gehad het, ja hy het “alles” aangehou – van ‘n ou vaaljapietjie tot al die fietsgoeters om ‘n ou “puckturtjie” reg te maak. Die ou winkeltjie was ook die groot geselsplek op Saterdag middag vir die manne wie op aflętyd was en die gesels het baie kere op ‘n aangename huispartydjie uitgeloop. Kersfees en Nuwejaar is ook ordentlik gevier en op ‘n Oujaars-aand is daar tot hoenderkraai op die “badshuise” se stoep so teen die see by Dwarskersbos geskoffel.

Weskus terme voor in die boek sal die leser ‘n beter insig gee oor hoe hulle daardie tyd gepraat het.

Die borge van hierdie boek – Sea Harvest en die Saldanha Groep het daarvoor gesorg dat die ‘n stukkie waardevolle geskiedenis uit daardie tydperk nie verlore gegaan het nie en die Skrywer bedank hulle daarvoor.

Die skrywer kan by 083 482 9377 of gekontak word en bestellings kan geplaas word by posbus 323 Velddrif, 7365. (epos: brinkabraham@mweb.co.za)

Die hoofstukke, Byname en Poetse Bak en Snoektyd kan u nou lekker lees:

Boeke is beskikbaar by:
Weskus Galery, Velddrif
Ebbtide, Voortrekkerweg, Velddrif
Nielas Bakkery, Laaiplek
Tino’s Café, Laaiplek
Dwarskersbos Minimark
Dirkie’s Hopefield
Dihantie Hardware
Welcome Café, Vredenburg
West Coast Fossil Park
Weskus Padstal, Ysterfontein
Vygie Padstal, Jakkalsfontein

Abraham Brink II Voorwoord II Snoektyd II Byname en Poetse Bak

Top   Home   Weskus Stories   Webdesign & Hosting  

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com